Visie en Missie

Visie
“Toegeruste leerders binne ‘n veranderde omgewing, voorbereid vir die toekoms.”

Missie
Volksrust Hoërskool poog om elke leerling op soveel as moontlik terreine te laat ontwikkel. Die voordeel van kleiner skole is dat meer leerlinge geleenthede kry om te ontwikkel.
Op akademiese, sport- en kultuurgebied het ons uitblinkers en ons jaarlikse sosiale program is opwindend. Bogenoemde is die vier bene waarop Volksrust Hoërskool gebou is, tesame met beginsels soos integriteit, self dissipline, toegewydheid, respek, liefde, spanwerk, nederigheid, ens. wat ons uitleef.