Con Spirito @ Home

Con Spirito @ Home word aangebied deur Hoërskool Volksrust se Musieksentrum. Con Spirito beteken met geesdrif en ons is steeds geesdriftig oor die talente wat aan ons gegee is en ons deel dit graag met u, @ Home. Onthou dat hierdie besondere konsert tot stand gekom het deur Marika Rossouw, oud-leerling van Hoërskool Volksrust. Sy wou graag met haar deernis en empatie ander mense help, in die besonder ons eie leerlinge, wat soms soveel tekorte lei en selfs sonder die broodnodigste moet klaarkom. Daarom hou ons jaarliks hierdie konsert om fondse te in vir ons eie kinders.