Noodhulp

Deel van die suksesverhaal van ons Amajuba Sportweke is die nooddienste wat ons verleen. Behalwe dat Volksrust oor ‘n baie lojale Ambulansdiens beskik wat hulle dienste aan die skool beskikbaar stel, is daar talle leerlinge wat as vlak 1 en 2 noodhelpers opgelei word.
Hierdie span is by elke sportgeleentheid op hulle pos om deelnemers se lewens te beveilig op die sportveld. Hulle help ook by Laerskool Pionier en aangrensende dorpe se sportbyeenkomste.
Menige leerlinge het hulle al in ‘n mediese rigting bekwaam op grond van die ondervinding wat hulle hier opgedoen het.