Sic Vos Non Vobis – Vir jou, maar nie joune nie.
Die beste raaiskoot is dat Virgilius hierdie frase omtrent 41VC geskryf het toe hy weens sy gesondheid in Rome gaan bly het.
Die verhaal vertel dat Virgilius ‘n opskrif geskryf het oor Augustus Cæsar en dit teen sy hek geplak het. Cæsar het so baie daarvan gehou dat hy wou weet wie die skrywer was. Die woorde was ‘Nocte pluit tota; redeunt spectacula mane: divisum imperium cum Jove Cæsar habet’, wat beteken ‘Die hele nag reën dit maar die skouspel sal in die oggend terug keer: Cæsar deel die mag van Jupiter’.
Omdat Virgilius nie die outeurskap aanvaar het nie het ene Bathyllus verklaar dat hy die skrywer was. Dit het Virgilius erg ontstel en toe skryf hy die vier woorde, ‘Sic vos non vobis…’ vier keer as die begin van vier reëls en versoek toe dat Bathyllus hulle moes voltooi. Hy kon nie maar Virgilius het dit toe soos volg voltooi:
Sic vos non vobis nidificatis aves; | So bou julle neste voëls, nie net vir julle alleen nie; |
Sic vos non vobis villera fertis oves; | So dra julle wol skape, nie net vir julle alleen nie; |
Sic vos non vobis mellificatis apes; | So vervaardig julle heuning bye, nie net vir julle alleen nie; |
Sic vos non vobis fertis aratra boves. | So trek julle die ploeg osse, nie net vir julle alleen nie. |
Sedert die tye van ou Engeland is die slagspreuk algemeen gebruik in die onvoltooide vorm en is die betekenis onderworpe aan vertolking of die verband waarin dit gebruik is. Die verkorte weergawe ‘Sic vos non vobis’, is soms gebruik deur mense wat dink hulle arbeid is gebruik deur andere. Dis ook deur skole en biblioteke gebruik as ‘n leuse – ‘Ons arbei nie vir onsself nie maar vir andere’ OF ‘Julle doen dit nie vir julself nie’.
Dit is ook gegraveer op die Seël van die Bank of England: ‘Sic vos non vobis’ – ‘So arbei ons maar nie vir onsself nie’.
Skoollied Aan die voet van Amajuba Stry ons same, hand aan hand Op die vadere se werda Handhaaf ons vir volk en land Vir ons Hoërskool verhewe Sal ons steeds die prys betaal Want ons lewe is die strewe Na ʼn toekoms-ideaal Alma Mater, op jou roepstem Sal ons altyd antwoord gee Alma Mater, op jou wekstem Sal ons altyd voorwaarts tree Op die sportveld, in die werkkring Nimmer weifel, nimmer draal Stry en veg, want ons moet deurdring Om die wenpaal te kan haal Vir geen teenslag sal ons wyk nie Vastrap! Bly die wagwoord klaar Vir geen opdraand sal ons stuit nie Wyk ook nimmer vir gevaar Alma Mater, op jou roepstem Sal ons altyd antwoord gee Alma Mater, op jou wekstem Sal ons altyd voorwaarts tree | School Song In the shade of Amajuba Where we battle hand in hand At the werda of our fathers We maintain for state and land For our High School exalted We shall still present our best For our essence is the yearning Of a perfect destiny Alma Mater at your summoning We shall evermore respond Alma Mater at your rousing We shall evermore progress |
Kreet
isiZulu | Afrikaans | English |
Solo:Uyaphi? Siwaka, | Waarheen gaan julle? Ons is meer (mense), | Where are you going? We are more (people), |
All: Wa! Wa! Wa! | Almal: Wha! Wha! Wha! | All: Wa! Wa! Wa! |
Alivu, alivu, alivuka, | Ons staan op/is woedend | We rise/have rage |
thuthuza, | Ontplof/val aan | Discharge/attack |
athela | skink/gooi, | pour, |
amandla, | krag, | strength, |
azuma zuma – Wa! | ons verras jou– wha! | we surprise you – wa! |