Wiskunde / Mathematics

Ons hoofdoel is om elk leerder ‘n liefde vir Wiskunde te gee. Sy beperkte of onbeperkte vermoë moet ten volle ontwikkel word. Dit sal net gebeur as ons dit regkry:
– Om leerders te lei om probleemoplossing met gemak te hanteer.
– Om helder denke en logiese afleidings vermoëns te ontwikkel.
– Om basiese opleiding vir toekomstige studies en loopbaan te verskaf.

Slaagvereistes:

Gr. 8 tot gr. 9: 40% (40% deurlopende evaluering en 60% eksamen)
Gr. 10 tot gr. 12: 30% (25% deurlopende evaluering en 75% eksamen)

Kurrikulum:
Gr. 8 tot gr. 12 volg die nuwe kurrikulum (CAPS) soos deur die Departement van Onderwys voorgeskryf.
Die volledige kurrikulum is op die webtuiste van die Department van Onderwys beskikbaar.

Olimpiades:
Olimpiades waaraan die leerders kan deelneem:
Amesa
Old Mutual

Klastoetse en Remediëring:

Gereelde klastoetse en opvolg d.m.v. spesiale klasse en toetse is ononderhandelbaar.

Wiskunde ekstra klasse:

Mev Taljaard en Mev Visagie bied verpligte ekstraklasse Maandae, Dinsdae- en Woensdae -middae, vir gr 10,11 en 12 leerders aan.

Gr. 8- en gr. 9-leerders het ook vrywillige ekstraklasse wat deur Mev Viljoen en Mev Botha aangebied word.

Mev Erwee en Mnr. Stevens bied ook addisionele ekstraklasse aan.

Volkie aanslag:

Deur harde werk, vinnig, deeglik, herhalend en entoesiasties, na die sterre!!!!