Musieksentrum

Die Musieksentrum van Hoërskool Volksrust is daargestel om vir leerlinge met besondere talent in musiek, buite die normale skoolkurrikulum, onderrig te verskaf.  So word dié leerlinge bewus gemaak van die kulturele, opvoedkundige en verrykende waarde van musiek, terwyl die leerlinge ter selfde tyd voorberei word as musici van die toekoms.

Gespesialiseerde onderrig word verskaf in verskeie instrumente.  Musiekteorieklasse word ook aangebied as deel van die leerling se musiekpakket.

UNISA as eksterne eksamensinstansies word deur Hoërskool Volksrust se Musieksentrum ondersteun.

Leave a Reply