Amajuba Sportweke

Afrigting
Ons maak van gespesialiseerde hoofafrigters en hulpafrigters gebruik om die spelers touwys te maak en af te rond.

Wedstryde en Skeidsregting
Rugby
Drie amptelike wedstryde word gespeel en afrigting vind daagliks plaas.
Hokkie
Amptelike wedstryde daagliks. Nasionale afrigters en skeidregters word gebruik vir evaluering en gradering.

Wedstryd-Ontleding
Nadat u span gespeel het, is die volgende beskikbaar:

  • Skriftelike ontleding en aanbevelings deur ons beoordelaars en afrigters
  • Video-opnames (slegs A-velde)
  • Video-lokaal vir besigtiging van opnames
  • Konsultasie met gasafrigters

Aandprogram
Ons sorg dat daar genoeg vermaak is om die spelers sinvol besig te hou!

  • Daar is ‘n heerlike kafeteria en koffiekroeg om in te kuier. Musiek word deur jong Christen-vriende verskaf.
  • Sokkies word elke aand gehou.
  • Spogonthale vir afrigters.

Akkommodasie en Etes
Alle etes is ingesluit.
Akkommodasie in beide seuns en dogterskoshuise, asook slaaplokale in die skool.
Plaaslike restaurante is altyd gereed met spesiale aanbiedinge. (Kan lys voorsien)

Kontak Junida by junida@vhs.co.za
vir meer inligting.