Hokkie

Volksrust Hoërskool se hokkiespanne neem jaarliks aan die Puk 16, Liga en Noordvaalreekse deel. Ons leerders (meisies en seuns) word op ‘n gereelde basis verkies om Mpumalanga en Hoëveld spanne te verteenwoordig. Ons Amajuba Sportweke wat elke jaar aangebied word, is landwyd bekend. Hokkietegnieke en skeidsregtersvaardighede word deur hierdie sportweke deur professionele spelers en afrigters onderrig. Ons leerders word op ‘n gereelde basis in die Provinsiale spanne ingesluit en ons skeidsregters verteenwoordig jaarliks Mpumalanga op Nasionale Toernooie.
Volkies se hokkie is kookwater!