Tennis

Volkies se tennis skop in die tweede kwartaal af wanneer die tennisspelers mekaar daag vir ‘n plek in die tennisspanne wat elk uit vier spelers bestaan.

Volkies se tennisspanne neem jaarliks deel aan die Hoëveld Tennisliga.  Hierdie liga vereis van elke speler om enkelswedstryde en dubbelswedstryde te speel teen die skole wat in ons groep ingedeel is.

Gedurende die derde kwartaal vind Volkies se jaarlikse tenniskampioenskappe plaas wat hulle elke jaar baie geniet.