Musical

Hoërskool Volskrust bied elke 2de jaar ʼn blyspel aan.  Hierdie is nie net ʼn gewone skoolkonsert nie, maar ʼn professionele produksie met toneelspel, solo en groepsang en danse wat deur ʼn professionele choreograaf uitgewerk word.  Die teks word gewoonlik van oorsee bestel.  Leerders kry die geleentheid om in massas deel te neem.  Vaardighede van musiek, dans en kunssentrums word ten volle benut.  Manspersoneel word die geleentheid gebied om konstruksievaardighede ten toon te stel met die bou van die stel.  Taalonderwysers floreer met geleentheid om drama afrigting te bied.  Produksie word professioneel gevideografeer en op DVD vrygestel.  Klank en beligting belangstellendes kry ook geleentheid om hul kennis uit te brei.  Produksiemateriaal soos kaartjies, programme en plakkate bied geleentheid vir ontwikkeling van grafiese ontwerp.